Numbers 10:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die seuns van Aäron, die priesters, moet op die basuine blaas; en hulle sal vir julle 'n ewige insetting wees vir julle geslagte. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Net Aäron se seuns, die priesters, mag die trompet blaas. Dit is ’n onveranderlike reëling vir al die geslagte. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die seuns van Aäron, die priesters, moet op die trompette blaas; en die trompette moet vir julle 'n ewige insetting in julle geslagte wees. |
| Afrikaans 1983 | Aäron se seuns, die priesters, moet die trompette blaas. Dit moet vir julle en julle nageslag 'n vaste instelling wees. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die seuns van Aäron, die priesters, moet op die trompette blaas. Die blaas van die trompette is 'n vaste voorskrif wat altyd vir julle en vir julle nageslagte geld. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die seuns van Aäron, die priesters, moet die trompette blaas. Julle en julle nageslag moet dit altyd so doen. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Net die priesters, Aäron se seuns en hulle kinders, mag die trompette blaas. Dit is ’n reël wat vir julle ganse nageslag moet geld. |