Numbers 10:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | As julle die tweede keer alarm blaas, moet die laers wat aan die suidekant lê, wegtrek; hulle moet alarm blaas vir hulle tog. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Wanneer jy die tweede keer blaas, sal die kamp aan die suidekant begin gereedmaak om te gaan. Jy moet dan ’n tweede teken blaas om te begin beweeg. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar as julle die tweede keer alarm blaas, moet die laers opbreek wat aan die suidekant staan. Alarm moet hulle blaas as hulle moet opbreek. |
| Afrikaans 1983 | As julle 'n tweede keer hard blaas, moet die stamme aan die suidekant vertrek. As daar hard geblaas word, sal hulle weet om te vertrek. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wanneer julle 'n tweede waarskuwingsein blaas, moet die kampe aan die suidekant wegtrek. 'n Waarskuwingsein moet geblaas word vir kamp opbreek; |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wanneer julle 'n tweede maal hard blaas, dan moet die mense in die kampe suid van die tempel-tent begin om verder te gaan. Julle moet hard op die trompette blaas wanneer hulle verder moet gaan. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Wanneer die trompet die tweede keer kort en hard geblaas word, is dit tyd vir die stamme aan die suidekant om op te pak en te trek. Elke groep moet oppak en trek wanneer hulle die teken hoor wat spesiaal vir hulle bedoel is. |