Numbers 10:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) As julle alarm blaas, moet die laers wat aan die oostekant lê, vorentoe trek.
Afrikaans (NLV) 2011 “Wanneer jy een keer hard blaas, sal die kamp aan die oostekant eerste begin oppak om te trek.
Afrikaans 1933/1953 En as julle alarm blaas, moet die laers opbreek wat aan die oostekant staan.
Afrikaans 1983 As julle die eerste keer hard blaas, moet die stamme wat aan die oostekant kampeer, vertrek.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wanneer julle 'n waarskuwingsein blaas, moet die kampe aan die oostekant wegtrek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer julle die trompette hard blaas, dan moet die Israeliete in die kampe oos van die tempel-tent begin om verder te gaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As julle die trompet die eerste keer kort en hard blaas, moet die stamme wat aan die oostekant gekamp het, oppak en vertrek.