Numbers 10:35 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe die ark wegtrek, sê Moses: Staan op, HERE, en laat U vyande verstrooi word; en laat die wat jou haat, voor jou uit vlug.
Afrikaans (NLV) 2011 Wanneer die ark begin beweeg het, het Moses uitgeroep: “Trek op, Here! Laat u vyande voor U uit wegskarrel! Laat hulle vlug voor u aanval!”
Afrikaans 1933/1953 En as die ark wegtrek, het Moses gesê: Staan op, HERE, dat u vyande verstrooi kan word en u haters voor u aangesig kan vlug.
Afrikaans 1983 Elke keer wanneer die ark vertrek, het Moses gesê: “Trek op, Here, verstrooi u vyande! Laat hulle wat vir U haat, voor U wegvlug!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wanneer die ark weggetrek het, het Moses gesê: “Tree op, Here, sodat u vyande verstrooi mag word, en hulle wat U haat, voor U mag wegvlug!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer die kis weggegaan het, dan het Moses gesê: “Here, U moet opstaan, u vyande moet weghardloop na al die kante toe, die mense wat nie lief is vir U nie, moet wegvlug.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Elke keer as die priesters met die verbondsark begin trek het, het Moses gesê: “Staan op, Here, jaag u vyande weg voor U! Laat almal wat U haat, voor U padgee!”