Numbers 10:33 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle het drie dagreise van die berg van die HERE af weggetrek, en die verbondsark van die HERE het op die drie dagreise voor hulle uit gegaan om vir hulle 'n rusplek te soek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle is van die berg van die Here af weg. Hulle het drie dae lank getrek. Die ark van die Here se verbond is drie dae ver voor hulle uit om te soek vir ’n plek waar hulle kan kamp opslaan. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle het van die berg van die HERE af drie dagreise ver getrek; en die verbondsark van die HERE het drie dagreise ver voor hulle uit getrek om vir hulle 'n rusplek uit te soek. |
| Afrikaans 1983 | Die Israeliete het van die berg van die Here af weggetrek, drie dagreise ver. Die verbondsark van die Here het gedurende die drie dae voor hulle uit getrek om vir hulle 'n plek te vind waar hulle kon oorbly. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het drie dagreise ver van die berg van die Here af getrek met die verbondsark van die Here wat gedurende die drie dagreise voor hulle uit getrek het om vir hulle 'n rusplek te soek. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Israeliete het weggegaan van die berg van die Here. Hulle het drie dae lank elke dag verder gegaan. Die verbondskis van die Here het drie dae voor hulle gegaan om 'n plek te kry waar hulle kon bly. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | So is die volk van die berg Sinai, die berg van die Here, af weg. Hulle het drie dae lank getrek met die verbondsark van die Here op die voorpunt van die volk om vir hulle te wys waar om te stop en te rus. |