Numbers 10:32 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En as jy saam met ons gaan, ja, dit sal wees, watter goedheid die HERE aan ons sal doen, sal ons ook aan jou doen.
Afrikaans (NLV) 2011 Trek saam met ons. Ons sal al die goeie dinge wat die Here vir ons gee, met jou deel.”
Afrikaans 1933/1953 En as jy met ons saamtrek, sal ons daardie goeie wat die HERE aan ons sal doen, ook aan jou doen.
Afrikaans 1983 As jy met ons saam kom, sal ons die goeie dinge wat die Here aan ons gee, met jou deel.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) As jy saam met ons gaan, sal ons daar die goeie wat die Here aan ons gaan doen, met jou deel.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) As jy saam met ons gaan, dan sal ons vir jou ook van die goeie dinge gee wat die Here vir ons sal gee.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As jy saamkom, kan jy ook deel hê aan al die wonderlike dinge wat die Here vir ons gaan gee.”