Numbers 10:31 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy sê: Los ons tog nie; omdat jy weet hoe ons in die woestyn laer moet opslaan, en jy vir ons kan wees in die plek van oë.
Afrikaans (NLV) 2011 Moses het hom toe gesoebat: “Moenie ons in die steek laat nie. Jy ken die woestyn waar ons moet kamp. Jy kan ons help kyk waar ons moet staan.
Afrikaans 1933/1953 Toe sê hy: Moet ons tog nie verlaat nie, juis daarom dat jy weet hoe ons laer moet opslaan in die woestyn, en jy sal vir ons as oë dien.
Afrikaans 1983 Moses het toe by hom aangedring: “Moet ons tog nie verlaat nie. Jy ken die plekke in die woestyn waar ons kamp kan opslaan, en jy moet ons gids wees.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Moses het geantwoord: “Moet ons asseblief nie verlaat nie, want juis jy weet waar ons kan kamp in die woestyn, en jy kan ons oë wees.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe sê Moses: “Asseblief, jy moenie weggaan van ons nie. Jy weet waar ons in die woestyn ons tente kan opslaan en jy moet ons lei.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar Moses het nie nee vir ’n antwoord aanvaar nie: “Moet ons nie nou alleen los nie. Jy ken die beste kampplekke in die woestyn, jy kan ons gids wees.