Numbers 10:29 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê Moses vir Hobab, die seun van Raguel, die Midianiet, Moses se skoonvader: Ons trek op na die plek waarvan die HERE gesê het: Ek sal dit aan jou gee; kom saam met ons, en ons sal aan jou goed doen; die HERE het goed gespreek oor Israel.
Afrikaans (NLV) 2011 Moses het op ’n keer vir sy swaer Hobab, die seun van Reüel die Midianiet, gesê: “Ons is op pad na die land wat die Here ons God vir ons belowe het. Gaan saam met ons. Ons sal vir jou goed wees. Die Here het vir ons goeie dinge belowe.”
Afrikaans 1933/1953 En Moses het vir Hobab, die seun van R,huel, die Midianiet, die swaer van Moses, gesê: Ons trek na die plek waarvan die HERE gesê het: Ek sal dit aan julle gee. Trek saam met ons en ons sal aan jou goed doen; want die HERE het oor Israel goeie dinge gespreek.
Afrikaans 1983 Moses het vir Gobab seun van sy skoonpa Reüel, die Midianiet, gesê: “Ons trek na die land waarvan die Here gesê het: ‘Ek sal dit aan julle gee.’ Kom saam met ons. Ons sal jou goed behandel, want die Here het goeie dinge aan Israel beloof.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Moses het vir Gobab, seun van Reüel, Moses se skoonvader, die Midianiet, gesê: “Ons gaan nou wegtrek na die plek waarvan die Here gesê het, ‘Dit gee Ek vir julle.’ Kom saam met ons. Ons sal vir jou goed wees, want die Here het goeie dinge aan Israel beloof.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Moses het vir Gobab, seun van Moses se skoonpa Reüel van die land Midian, gesê: “Ons gaan nou na die land wat die Here belowe het om vir ons te gee. Jy moet saam met ons kom. Ons sal goed wees vir jou, want die Here het gesê dit sal goed gaan met ons.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe hulle wegtrek, het Moses vir sy swaer, Gobab, wat Reüel die Midianiet se seun was, gesê: “Ons is nou op pad na die land toe wat die Here vir ons beloof het. Kom saam met ons, dan deel jy in ons voorspoed, want die Here het wonderlike dinge vir ons belowe.”