Numbers 10:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die vaandel van die laer van die kinders van Efraim het opgetrek volgens hulle leërs, en oor sy leër was Elísama, die seun van Ammihud. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die groepe onder die vaandel van Efraim was volgende aan die beurt. Hulle is gelei deur Elisama, seun van Ammihud. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarna het weggetrek die vaandel van die laer van Efraim se kinders volgens hulle leërafdelings; en oor sy afdeling was Elis ma, die seun van Amm¡hud. |
| Afrikaans 1983 | Ná hulle het die vaandel van die afdelings onder leiding van die stam Efraim vertrek. Elisama seun van Ammihud was in bevel van hierdie afdeling. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die eenheid van die kamp van Efraim se nageslag het daarna volgens hulle leërafdelings weggetrek. Oor Efraim se leërafdeling was Elisama, seun van Ammihud; |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarna het iemand die vlag van die Efraim-kamp gedra, en daarna het die groepe wat in die kampe was, gegaan. Elisama seun van Ammihud was die hoof van die Efraim-groep. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Net ná hulle het die afdelings onder leiding van die stam van Efraim onder hulle eie vlag vertrek. Hulle leier was Ammihud se seun Elisama. |