Numbers 10:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die Kehatiete het weggetrek en die heiligdom gedra, en die ander een het die tabernakel daarteen opgerig.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Kehatiete het daarna begin trek. Hulle het die toerusting van die tabernakel vervoer. Teen die tyd dat hulle by die eindbestemming aangekom het, was die tabernakel alreeds opgeslaan.
Afrikaans 1933/1953 Daarna het die Kehatiete, die draers van die heiligdom, weggetrek. En die ander het die tabernakel opgerig voordat hulle aangekom het.
Afrikaans 1983 Daarna het die Kehatgroep vertrek. Hulle het die gewyde voorwerpe gedra. Die tabernakel moes opgerig wees teen die tyd dat hulle daar aankom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dié wat van Kehat afstam, wat die heilige voorwerpe gedra het, het toe weggetrek. Die tabernakel moes opgeslaan word voordat hulle op 'n plek aankom.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daarna het die Kehat-familie gegaan en hulle het die gewyde dinge gedra. Die priesters het die tempel-tent op die nuwe kampplek opgeslaan voordat die Kehat-familie daar aangekom het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daarna het die Kehatgroep vertrek. Hulle het die voorwerpe gedra wat aan die Here se diens gewy is. Teen die tyd dat hulle by die volgende kampplek aangekom het, was die tabernakel gewoonlik reeds opgeslaan.