Numbers 10:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maak vir jou twee silwerbasuine; van 'n hele stuk moet jy dit maak, sodat jy dit kan gebruik vir die roeping van die vergadering en vir die optrek van die laers.
Afrikaans (NLV) 2011 “Maak vir jou twee trompette van uitgerolde silwer. Gebruik hulle om die gemeenskap bymekaar te roep. Dit moet ook die teken wees om die kamp af te slaan.
Afrikaans 1933/1953 Maak vir jou twee silwertrompette; van dryfwerk moet jy dit maak; en hulle moet vir jou dien om die vergadering byeen te roep en om die laers te laat opbreek.
Afrikaans 1983 “Maak nou twee trompette van geslae silwer, en gebruik dit om die vergadering bymekaar te roep en om die kamp te laat opbreek.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Maak vir jou twee silwertrompette. Deur pletwerk moet jy dit maak. Gebruik dit vir die saamroep van die volksvergadering en vir die opbreek van die kampe.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Jy moet twee silwer trompette maak, jy moet hulle maak van silwer wat jy met die hamer slaan. Jy moet hulle gebruik om die volksvergadering te roep om bymekaar te kom en om die Israeliete verder te laat gaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Maak twee trompette van suiwer silwer en gebruik dit om die volk bymekaar te kry vir ’n vergadering of as teken dat hulle die kamp moet opbreek.