Numbers 10:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die vaandel van die laer van Ruben het opgetrek volgens hulle leërs, en oor sy leër was Elisur, die seun van Sedeur.
Afrikaans (NLV) 2011 Die mense onder die vaandel van Ruben het volgende vertrek. Hulle is aangevoer deur Elisur, die seun van Sedeür.
Afrikaans 1933/1953 Daarna het weggetrek die vaandel van die laer van Ruben volgens hulle leërafdelings; en oor sy afdeling was El¡sur, die seun van Sed,r.
Afrikaans 1983 Die volgende wat vertrek het, was die vaandel van die afdelings onder leiding van die stam Ruben. Elisur seun van Sedeür was in bevel van hierdie afdeling.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die eenheid van die kamp van Ruben het daarna volgens hulle leërafdelings weggetrek. Oor Ruben se leërafdeling was Elisur, seun van Sedeür;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daarna het iemand die vlag van die Ruben-kamp gedra, en daarna het die groepe wat in die kamp was, gegaan. Elisur seun van Sedeür was die hoof van die Ruben-groep.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die volgende groep wat vertrek het, was die afdelings onder leiding van die stam van Ruben. Hulle het onder hulle eie vlag getrek. Hulle leier was Sedeür se seun Elisur.