Numbers 10:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | In die eerste plek het die vaandel van die laer van die kinders van Juda gegaan volgens hulle leërs; en oor sy leër was Nagson, die seun van Amminadab. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die mense onder die vaandel van Juda, wat deur Nagson gelei is, het eerste begin marsjeer. |
| Afrikaans 1933/1953 | En eerste het weggetrek die vaandel van die laer van Juda se kinders volgens hulle leërafdelings; en oor sy afdeling was Nagson, die seun van Amm¡nadab. |
| Afrikaans 1983 | Die vaandel van die afdelings onder leiding van die stam Juda het eerste vertrek. Nagson seun van Amminadab was hier in bevel. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | het die eenheid van die nageslag van Juda se kamp eerste weggetrek, volgens hulle leërafdelings. Oor Juda se leërafdeling was Nagson, seun van Amminadab. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Iemand het voor geloop en hy het die vlag van die Juda-kamp gedra, en daarna het die groepe wat in die kamp was, gegaan. Nagson seun van Amminadab was die hoof van die Juda-groep. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | heel voor het die afdelings onder leiding van die stam van Juda onder hulle eie vlag vertrek. Hulle leier was Amminadab se seun Nagson. |