Numbers 10:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle het eers weggetrek volgens die bevel van die HERE deur die diens van Moses. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dit was die eerste keer dat hulle op bevel van die Here begin trek het. Hy het sy bevele vir hulle deur middel van Moses gegee. |
| Afrikaans 1933/1953 | So het hulle dan die eerste keer weggetrek volgens die bevel van die HERE deur die diens van Moses. |
| Afrikaans 1983 | Hulle het begin trek op bevel van die Here deur Moses. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe hulle op bevel van die Here by monde van Moses vir die eerste keer kamp opgebreek het, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het weer verder begin gaan toe die Here vir Moses gesê het hulle moet gaan. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Israeliete het getrek op die manier wat die Here vir Moses beveel het. Hulle het dit so gedoen: |