Numbers 10:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En dit het gebeur op die twintigste dag van die tweede maand, in die tweede jaar, dat die wolk van die tent van die Getuienis af opgehef is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Op ’n dag in die middel van die lente het die wolk bo die tabernakel opgelig. Dit was op die twintigste in die tweede jaar na hulle uit Egipte weg is. |
| Afrikaans 1933/1953 | In die tweede jaar, in die tweede maand, op die twintigste van die maand, het die wolk opgetrek van die tabernakel van die Getuienis af. |
| Afrikaans 1983 | In die tweede jaar, op die twintigste van die tweede maand, het die wolk opgetrek van die tabernakel met die getuienis af. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Op die twintigste van die tweede maand in die tweede jaar het die wolk opgegaan van die •tabernakel met die Getuienis. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die wolk het opgegaan van bo die tent waarin die tien gebooie was. Dit was op die twintigste dag van die tweede maand in die tweede jaar. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Op ’n dag in die middel van die lente, twee jaar nadat die Israeliete uit Egipte uit weg is, het die wolk van die tabernakel af opgelig. |