Numbers 10:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ook op die dag van julle blydskap en in julle feesdae en in die begin van julle maande moet julle op die basuine blaas oor julle brandoffers en oor die slagoffers van julle dankoffers; sodat hulle vir jou 'n gedagtenis kan wees voor jou God: Ek is die HERE jou God.
Afrikaans (NLV) 2011 By feestelike geleenthede, op die jaarlikse feesdae, en aan die begin van elke maand, ook wanneer julle brandoffers en vrede-offers bring, moet julle op die trompette blaas. Dit sal julle aan julle God laat dink. Ek is die Here julle God.”
Afrikaans 1933/1953 Op die dag as julle vrolik is, sowel as op julle feestye en by die begin van julle maande moet julle by jul brandoffers en by jul dankoffers op die trompette blaas: hulle sal dien om julle in gedagtenis te bring voor die aangesig van julle God. Ek is die HERE julle God.
Afrikaans 1983 Ook op 'n dag van vreugde of op julle vasgestelde feestye of aan die begin van julle nuwemaansfeeste moet julle by julle brandoffers en maaltydoffers op die trompette blaas. Dit sal My, julle God, aan julle herinner. Ek is die Here julle God.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) In 'n tyd wanneer julle vreugde ervaar, tydens julle vaste feeste en julle nuwemaansfeeste, moet julle by julle •brandoffers en •maaltydoffers op die trompette blaas. Die trompette sal julle by God in herinnering roep. Ek is die Here julle God.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer julle wil feesvier op julle feesdae en op die eerste dag van die maand, dan moet julle die trompette blaas by julle brand-offers en julle ete-offers. Julle God sal dan aan julle dink. Ek is julle God die Here.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Julle moet ook die trompette blaas as julle bly is en iets het om te vier. Blaas hulle by julle jaarlikse feeste en aan die begin van elke nuwe maand. Blaas hulle as julle bly is oor julle brandoffers en julle eteoffers. Die trompette sal My daaraan herinner dat Ek in ’n ooreenkoms met julle vir julle gesê het: “Ek is die Here, Ek is julle God.”