Nehemiah 9:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) U is die HERE die God wat Abram uitverkies en hom uit Ur van die Chaldeërs uitgelei het en hom die naam Abraham gegee het;
Afrikaans (NLV) 2011 U is die Here God, U het Abram gekies en hom gebring uit Ur van die Galdeërs. U het hom Abraham genoem.
Afrikaans 1933/1953 U is die HERE, die God wat Abram uitverkies het en hom uit Ur van die Chaldeërs uitgelei het en sy naam tot Abraham gemaak het.
Afrikaans 1983 U is die Here, die God wat vir Abram gekies het, hom uit Ur van die Galdeërs gebring het en sy naam Abraham gemaak het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “U is die Here, die God wat vir Abram gekies het, hom uit Ur van die Galdeërs gelei het, vir hom die naam Abraham gegee het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) U is ons God die Here, U het vir Abram gekies en U het hom gebring uit die stad Ur van die Galdeërs, U het vir hom die naam Abraham gegee.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) U, Here, is die God wat vir Abram geroep het, U het hom laat wegtrek uit Ur van die Galdeërs uit en hom die naam Abraham gegee.