Nehemiah 9:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) U, ja, U is die HERE alleen; U het die hemel gemaak, die hemel van die hemele, met sy hele leër, die aarde en alles wat daarin is, die seë en alles wat daarin is, en U bewaar dit alles; en die leër van die hemel aanbid U.
Afrikaans (NLV) 2011 U alleen is die Here. U het die hemele, die hoë hemel en al die sterre gemaak. U het ook die aarde en die see en alles daarin gemaak. U gee lewe aan alles, die hemelse engele aanbid U.
Afrikaans 1933/1953 U is alleen die HERE, U het die hemel, die hoogste hemel en al sy leërskare, gemaak, die aarde en alles wat daarop is, die seë en alles wat daarin is, en U hou dit alles in die lewe, en die leër van die hemel buig hulle voor U neer.
Afrikaans 1983 Dit is U! U alleen is Here! U het die hemel gemaak, die hoogste hemel en sy hele leërmag, die aarde en alles daarop, die oseane en alles daarin. U laat hulle almal lewe; die hemelse leërmag buig voor U.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) U alleen is die Here; dit is U wat die hemelruim, die hoogste hemele, gemaak het en al sy hemelliggame, die aarde en alles daarop, die see en alles daarin. U hou dit alles aan die lewe; en die hemelliggame – voor U buig hulle in aanbidding.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het gesê: “U is die Here, U alleen, U het die hemel gemaak, ook die hoogste hemel, en al die sterre in die lug. U het die aarde gemaak en alles daarop, die see en alles daarin. U het lewe gegee vir almal, die sterre in die lug aanbid U.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) U, Here, U is die enigste Here! U het die hemel met al sy sterre en planete gemaak. Ook die aarde met al sy bewoners en die see met alles daarin. U gee lewe. Daarom buig die hemelse skare in aanbidding voor U.