Nehemiah 9:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het die Leviete, Jesua en Kadmiël, Bani, Hasabnja, Serebja, Hodija, Sebanja en Petája gesê: Staan op en loof die HERE jou God vir ewig en altyd, en sy heerlike Naam wat verhewe is bo alle seën en lof.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe het die Leviete, Jesua, Kadmiël, Bani, Gasabneja, Serebja, Hodija, Sebanja en Petagja, vir die volk gesê: “Staan op! Loof die Here julle God, want Hy leef van ewigheid tot ewigheid!” Toe het hulle die Here geloof: “Mag u wonderlike Naam geprys word! Geen lofprysing of danksegging kan dit ooit beskryf nie.
Afrikaans 1933/1953 En die Leviete J,sua en K dmiël, Bani, Has bneja, Ser,bja, Hod¡a, Seb nja, Pet gja het gesê: Staan op, loof die HERE julle God van ewigheid tot in ewigheid! En laat hulle u heerlike Naam loof wat bo alle lof en prys verhewe is!
Afrikaans 1983 Daarna het die Leviete Jesua, Kadmiël, Bani, Gasabneja, Serebja, Hodija, Sebanja en Petagja gesê: “Kom, prys die Here julle God! Hy is van ewigheid tot ewigheid.” Toe het hulle u magtige Naam geprys, verhewe bo alle lof en roem.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Leviete, Jesua, Kadmiël, Bani, Gasabneja, Serebja, Hodija, Sebanja en Petagja het gesê: “Staan op! Prys die Here julle God van ewigheid af en vir ewig! Laat hulle u heerlike Naam prys wat bo elke seënspreuk en loflied verhewe is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Leviete Jesua, Kadmiël, Bani, Gasabneja, Serebja, Hodija, Sebanja en Petagja het gesê: “Kom, julle moet julle God die Here prys, julle moet nooit ophou om dit te doen nie.” Hulle het u Naam geprys, Here, U wat Koning is, hulle het die Naam geprys, die Naam is so wonderlik dat daar nie woorde is om dit waarlik te prys en te loof nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daarna het die Leviete Jesua, Kadmiël, Bani, Gasabneja, Serebja, Hodija, Sebanja en Petagja gesê: “Prys die Here julle God. Hy ken geen begin of einde nie! U groot Naam moet geprys word. U roemryke Naam is verhewe bo alle lof en roem.”