Nehemiah 9:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het Jesua en Bani, Kadmiël, Sebanja, Bunni, Serebja, Bani en Kenani op die trappe van die Leviete opgestaan en met 'n groot stem tot die HERE hulle God geroep.
Afrikaans (NLV) 2011 ’n Paar Leviete het op die trappe van die Leviete gestaan en hardop die Here hulle God gesmeek. Hulle name was Jesua, Bani, Kadmiël, Sebanja, Bunni, Serebja, Bani en Kenani.
Afrikaans 1933/1953 En op die verhoog van die Leviete het J,sua en Bani, K dmiël, Seb nja, Bunni, Ser,bja, Bani, Ken ni opgestaan en met 'n groot stem die HERE hulle God aangeroep.
Afrikaans 1983 Die Leviete Jesua, Bani, Kadmiël, Sebanja, Bunni, Serebja, Bani en Kenani het op die verhoog gaan staan en die Here hulle God hard om hulp aangeroep.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jesua, Bani, Kadmiël, Sebanja, Bunni, Serebja, Bani en Kenani het op die verhoog van die Leviete gaan staan en met harde stemme na die Here hulle God om hulp geroep.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jesua, Bani, Kadmiël, Sebanja, Bunni, Serebja, Bani en Kenani het op die verhoog van die Leviete gaan staan en hulle het hard geskree en gevra dat hulle God die Here hulle moet help.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Op die verhoog het die Leviete Jesua, Bani, Kadmiël, Sebanja, Bunni, Serebja, Bani en Kenani hardop tot die Here hulle God gebid.