Nehemiah 9:38 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En ter wille van dit alles sluit ons 'n vaste verbond en skryf dit op; en ons vorste, Leviete en priesters, verseël dit.
Afrikaans (NLV) 2011 “Ten spyte hiervan maak ons ’n plegtige belofte wat ons op skrif stel. Op hierdie verseëlde dokument staan die name van ons leiers, ons Leviete en priesters.”
Afrikaans 1933/1953 Maar op grond van dit alles sluit ons 'n vaste verbond en beskryf dit; en op die verseëlde stuk het ons owerstes, ons Leviete, ons priesters geteken.
Afrikaans 1983 Daarom gaan ons 'n skriftelike onderneming aan. Op die verseëlde dokument teken ons leiers, ons Leviete en ons priesters hulle name.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Op grond van dit alles gaan ons nou 'n bindende ooreenkoms sluit en dit op skrif stel, en daarop die seël plaas met die name van ons leiers, ons Leviete en ons priesters.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Al hierdie dinge het met ons gebeur. Daarom maak ons 'n ooreenkoms. Ons wil doen wat ons belowe en ons skryf dit neer. Ons sit seëls op die ooreenkoms en ons skryf die name van ons amptenare, ons Leviete en ons priesters daarop.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daarom maak ons ’n plegtige belofte teenoor U wat ons op skrif wil stel. Ons leiers, die Leviete en die priesters het dit namens ons met hulle handtekeninge bevestig en toe verseël.