Nehemiah 9:37 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En dit gee groot opbrings vir die konings wat U oor ons aangestel het vanweë ons sondes; ook heers hulle oor ons liggame en oor ons vee, volgens hulle wil, en ons is in groot benoudheid. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die oorvloed van die land behoort nou aan die konings wat U aangestel het om oor ons te heers. Omdat ons gesondig het, het hulle mag oor ons en ons vee. Ons kry baie swaar, want hulle doen met ons net wat hulle wil. |
| Afrikaans 1933/1953 | En dit vermeerder sy opbrings vir die konings wat U oor ons gestel het om ons sondes ontwil, en hulle heers oor ons liggame en oor ons vee na hulle willekeur, en ons is in 'n groot benoudheid. |
| Afrikaans 1983 | Sy ryke opbrengs behoort aan die konings wat U oor ons aangestel het as gevolg van ons sondes; die konings maak met ons en ons vee soos hulle wil. Ons verkeer in groot nood. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die opbrengs daarvan word meer vir die konings wat U oor ons gestel het – en dit as gevolg van ons sondes. Oor ons liggame heers hulle, ook oor ons vee, soos hulle wil. Ons verkeer in groot nood.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ons het sonde gedoen, daarom laat U konings oor ons regeer, hulle doen wat hulle wil met ons en ons diere. Dit gaan baie sleg met ons.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die oorvloed van hierdie land behoort vandag aan die konings wat U oor ons laat regeer as gevolg van ons sonde. Hulle maak met ons en ons vee net wat hulle wil. Ons het groot probleme. |