Nehemiah 9:36 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Kyk, ons is vandag diensknegte, en vir die land wat U aan ons vaders gegee het om die vrugte daarvan en die goeie daarvan te eet, kyk, ons is diensknegte daarin.
Afrikaans (NLV) 2011 “En nou is ons vandag slawe! U het vir ons voorouers ’n vrugbare land gegee waar hulle voorspoed kon geniet. Nou is ons slawe daarin!
Afrikaans 1933/1953 Ons is vandag slawe, en die land wat U aan ons vaders gegee het om die vrug en die volle seën daarvan te geniet -- daarin is ons slawe.
Afrikaans 1983 Hier is ons vandag slawe, ons is slawe in hierdie land, die land wat U aan ons voorvaders gegee het dat hulle die vrug daarvan en die goeie dinge daarin kan geniet.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Kyk, ons is vandag slawe; die grond wat U aan ons voorouers gegee het om die vrugte en die goeie daarvan te geniet – kyk, ons is slawe daarop.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hier is ons vandag slawe, ons is slawe in die land wat U vir ons voorvaders gegee het. U het die land vir hulle gegee sodat hulle kon eet en die goeie dinge van die land kon geniet.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Vandag is ons slawe in die land wat U vir ons voorouers gegee het sodat hulle daaruit kon lewe. Ten spyte van al die oorvloed in hierdie land is ons slawe!