Nehemiah 9:35 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want hulle het U nie gedien in hulle koninkryk en in u groot goedheid wat U aan hulle gegee het, en in die groot en vet land wat U aan hulle gegee het nie, en hulle het nie van hulle bose werke afgewend nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Selfs in die tyd toe hulle eie konings oor hulle regeer het en U hulle baie voorspoedig gemaak het, het hulle U nie gedien nie. Al het U vir hulle ’n groot, vrugbare land gegee, het hulle nog steeds aangehou om verkeerde dinge te doen.
Afrikaans 1933/1953 En hulle het in hul koninkryk en by u groot seën wat U hulle geskenk het, en in die wye en vet land wat U aan hulle oorgegee het, U nie gedien nie en hulle nie van hul verkeerde handelinge bekeer nie.
Afrikaans 1983 Hulle konings het nog geregeer en hulle het nog u groot goedheid geniet wat U hulle gegee het en in die wye, vrugbare land gewoon wat U aan hulle gegee het; al het hulle U nie gedien nie en hulle nie bekeer van hulle slegte dade nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle het, met hulle eie koninkryk, te midde van u groot goedheid wat U aan hulle geskenk het, en in die wye en vrugbare land wat U vir hulle aangebied het, U nie gedien nie; hulle het nie weggedraai van hulle bose dade nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het 'n eie koning gehad, en hulle het baie goeie dinge van U gekry in die groot en vrugbare land wat U vir hulle gegee het, maar hulle het nie vir U gedien nie en hulle het nie opgehou om verkeerde dinge te doen nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Selfs toe hulle eie konings oor hulle regeer het en U hulle oorlaai het met net die beste in ’n vrugbare land, het hulle U nie gedien of opgehou met hulle sonde nie.