Nehemiah 9:34 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ook ons konings, ons vorste, ons priesters en ons vaders het nie u wet onderhou nie en nie geluister na u gebooie en u getuienisse waarmee u teen hulle getuig het nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Ons konings en leiers, priesters en voorouers was ongehoorsaam aan u wet. Hulle het hulle nie gesteur aan u bevele en u waarskuwings nie.
Afrikaans 1933/1953 en ons konings, ons owerstes, ons priesters en ons vaders het u wet nie volbring en na u gebooie en u getuienisse waarmee U hulle gewaarsku het, nie geluister nie.
Afrikaans 1983 Ons konings, ons amptenare, ons priesters, ons voorvaders het nie u wet gehoorsaam nie, nie gelet op u gebooie, u verordeninge waarmee U hulle gewaarsku het nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ons konings en leiers, ons priesters en voorouers het u wet nie uitgevoer nie. Hulle het nie ag geslaan op u gebooie en bepalings waarmee U hulle gewaarsku het nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ons konings, ons amptenare, ons priesters en ons voorvaders het nie gedoen wat U wil hê nie. U het gesê wat hulle moet doen en U het hulle gewaarsku, maar hulle het dit nie gedoen nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ons konings, ons leiers, ons priesters en ons voorouers het nie gedoen wat U in u wet sê nie. Hulle het hulle doof gehou vir u bevele en u waarskuwings.