Nehemiah 9:32 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Nou dan, onse God, die grote, die magtige en die vreeslike God, wat verbond en barmhartigheid hou, laat al die moeilikheid nie gering wees voor U wat oor ons gekom het, oor ons konings, oor ons vorste en oor ons priesters en oor ons profete en oor ons vaders en oor u hele volk, van die tyd van die konings van Assirië af tot vandag toe. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “U is ons God, U is groot en magtig! U is die ongelooflike God. U hou die verbond en is getrou in u liefde. Moet tog nie al ons swaarkry geringskat nie. Ons en ons konings, ons leiers, priesters, profete, ons voorouers en die hele volk het gely vanaf die tyd van die Assiriese konings tot vandag toe. |
| Afrikaans 1933/1953 | Onse God, groot, magtige en gedugte God, wat die verbond en die goedertierenheid hou, laat dan nou al die moeilikheid nie gering wees voor u aangesig nie wat ons, ons konings, ons owerstes en ons priesters en ons profete en ons vaders en u hele volk oorgekom het van die dae van die konings van Assur af tot vandag toe. |
| Afrikaans 1983 | En nou, ons God, grote God, magtig en ontsagwekkend, U wat die verbond en die troue liefde in stand hou, moet tog nie al dié ellende gering ag nie, die ellende wat ons, ons konings, ons amptenare, ons priesters, ons profete, ons voorvaders, u hele volk, getref het van die tyd van die Assiriese konings af tot vandag toe. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Daarom, ons God, groot, magtige en ontsagwekkende God, U wat bly by die verbond en u troue liefde, laat dit tog nie gering wees voor U nie, al die swaarkry wat ons ervaar het – ons konings en leiers, ons priesters en profete, ons voorouers en u hele volk – vanaf die dae van die konings van Assirië tot vandag toe. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “En nou, ons God, almal is bang vir U, U wat die groot en sterk God is. U hou aan om te doen wat U in u verbond belowe het. U moet kyk hoe swaar ons gekry het. Ons konings, ons amptenare, ons priesters, ons profete, ons voorvaders, u hele volk het swaargekry, van die tyd van die konings van Assirië af tot vandag toe. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ons God, hoe groot is U! U is ongelooflik sterk; almal het groot respek vir U. Omdat U vir ons omgee, hou U elke belofte van die ooreenkoms wat U gemaak het. Moet tog nie by ons verbykyk in ons ellende nie. Van die tyd van die Assiriese konings af tot vandag toe het ons almal, ons konings, ons leiers, ons priesters, ons profete, ons voorouers, ja, die hele volk, al baie swaargekry. |