Nehemiah 9:31 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar ter wille van u groot ontferming het U hulle nie heeltemal vernietig en hulle nie verlaat nie; want U is 'n genadige en genadige God.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar omdat U meegevoel met hulle het, het U hulle nie heeltemal uitgeroei of verwerp nie. U is ’n God wat liefdevol is en baie genade het!
Afrikaans 1933/1953 Maar in u grote barmhartigheid het U hulle nie volkome vernietig en hulle nie verlaat nie, want U is 'n genadige en barmhartige God.
Afrikaans 1983 maar in u groot barmhartigheid het U hulle nie heeltemal uitgewis nie, hulle nie verlaat nie. U is 'n genadige, 'n barmhartige God.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) In u groot ontferming het U hulle egter nie heeltemal vernietig nie; U het hulle nie in die steek gelaat nie. Ja, U is 'n genadige en barmhartige God.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar U is goed vir mense wat swaarkry, U het hulle nie almal laat sterf nie. U het hulle nie gelos nie, want U is 'n God wat genadig is en wat goed is vir mense wat swaarkry.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar omdat U so ongelooflik goed is, het U hulle nie heeltemal uitgeroei of u rug vir hulle gedraai nie. U het hulle nie in die steek gelaat nie, want U is ’n God wat vol goedheid en ontferming is.