Nehemiah 9:30 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Nog baie jare het U hulle verdra en deur u gees teen hulle getuig in u profete; tog het hulle nie geluister nie; daarom het U hulle oorgegee in die hand van die mense van die lande.
Afrikaans (NLV) 2011 U was vir baie jare geduldig met hulle. U het gereeld deur u Gees profete gestuur om hulle te waarsku, maar hulle wou nie luister nie! Daarom het U hulle weer oorgelewer aan die heidense inwoners van die land.
Afrikaans 1933/1953 En U was baie jare lankmoedig oor hulle, en U het hulle gewaarsku deur u Gees, deur middel van u profete; maar hulle het geen gehoor gegee nie. Daarom het U hulle oorgegee in die hand van die volke van die lande.
Afrikaans 1983 U was geduldig met hulle, baie jare lank, U het hulle gewaarsku deur u Gees, deur middel van u profete, maar hulle het nie geluister nie. Toe het U hulle oorgegee in die mag van heidenvolke,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Baie jare lank was U geduldig met hulle, het U hulle gewaarsku deur u Gees by monde van u profete, maar hulle het nie gehoor gegee nie. U het hulle oorgegee in die hand van die volke van ander lande.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) U was geduldig met hulle, baie jare lank. U het u Gees vir die profete gegee en U het die profete gestuur om hulle te waarsku. Maar hulle het nie geluister nie, en U het die ander volke van die land laat wen teen hulle.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Vir baie jare lank was U geduldig met hulle. U het u profete met u Gees geïnspireer om hulle te waarsku dat hulle op die verkeerde pad is, maar hulle het hulle doof gehou. Daarom het U hulle aan nasies oorgelewer wat U nie ken nie.