Nehemiah 9:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle het op hulle plek opgestaan en 'n kwart van die dag uit die wetboek van die HERE hulle God gelees; en 'n ander vierde deel het hulle belydenis gedoen en die HERE hulle God aanbid. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het vir omtrent ’n kwart van die dag gestaan terwyl die wetboek van die Here hulle God vir hulle voorgelees is. Vir die volgende kwart van die dag het hulle om die beurt belydenis van hulle sondes gedoen en die Here hulle God aanbid. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle het van hulle plek opgestaan, en gedurende 'n vierde deel van die dag gelees uit die wetboek van die HERE hulle God, en gedurende 'n vierde deel belydenis gedoen en die HERE hulle God aanbid. |
| Afrikaans 1983 | Hulle het op hulle plekke bly staan en het 'n kwart dag lank voorgelees uit die wetboek van die Here hulle God. Nog 'n kwart dag lank het hulle belydenis gedoen en voor die Here hulle God gebuig. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het op hulle plekke bly staan en het vir 'n kwart van die dag uit die •boekrol met die Wet van die Here hulle God gelees, en vir 'n kwart van die dag het hulle belydenis gedoen, en telkens voor die Here hulle God in aanbidding gebuig. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het op hulle plekke bly staan en hulle het drie uur lank uit die wetboek van hulle God gelees. Toe het hulle drie uur lank hulle sonde bely en voor hulle God die Here gebuig. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle het net so bly staan terwyl die wet van die Here hulle God drie ure lank aan hulle voorgelees is. Toe het hulle daarna nog drie ure lank hulle sonde voor die Here hulle God bely en Hom aanbid. |