Nehemiah 9:29 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) en teen hulle getuig, dat U hulle na u wet kon terugbring; tog het hulle trots gehandel en nie na u gebooie geluister nie, maar teen u verordeninge gesondig (wat as iemand dit doen, hy daarin sal lewe) en die skouer en hulle nek verhard en nie gehoor nie.
Afrikaans (NLV) 2011 U het hulle gewaarsku om u wet te gehoorsaam, maar hulle was hoogmoedig en wou nie u wette gehoorsaam nie. Mense wat u voorskrifte gehoorsaam, ontdek wat die lewe werklik is. Maar u voorskrifte het hulle oortree. Hulle het die rug op U gedraai en geweier om na U te luister.
Afrikaans 1933/1953 En U het hulle gewaarsku om hulle na u wet terug te bring, maar hulle het vermetel gehandel en nie geluister na u gebooie nie, en teen u verordeninge, daarteen het hulle gesondig, waarvan geld dat 'n mens dit moet doen, dat hy daardeur kan lewe; en hulle het 'n wederstrewige skouer gegee en hulle nek verhard en nie geluister nie.
Afrikaans 1983 U het hulle gewaarsku om terug te kom na u wet, maar hulle was vermetel, ongehoorsaam aan u gebooie. Hulle het gesondig teen u bepalings wat 'n mens laat lewe as hy hulle nakom. Hulle was moedswillig, hulle koppe was hard, hulle was ongehoorsaam.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) U het hulle gewaarsku, om hulle na u wet terug te bring. Maar hulle was vermetel, hulle het nie na u gebooie geluister nie, en teen u bepalings het hulle gesondig, teen dit wat 'n mens moet doen, sodat hy daardeur kan leef. Hulle skouers het onversetlik gebly, hulle nekke styf, hulle het nie geluister nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) U het hulle gewaarsku en gesê hulle moet weer doen wat U wil hê, maar hulle wou nie. Hulle wou nie doen wat U wil hê nie. Hulle het sonde gedoen teen u wette, wette wat 'n mens laat lewe het as jy doen wat die wette sê. Hulle was hardkoppig en opstandig, hulle het nie geluister nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) U het hulle gewaarsku om te luister na wat U hulle leer, maar hulle was te vol van hulleself. Hulle het hulle nie aan u opdragte gesteur nie. Hulle het gelag vir u Woord, alhoewel dit lewe gee aan elkeen wat dit gehoorsaam. Hulle was moedswillig en hardkoppig. Hulle het geweier om na U te luister.