Nehemiah 9:28 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar nadat hulle gerus het, het hulle weer kwaad gedoen voor jou aangesig; daarom het jy hulle in die hand van hul vyande oorgelaat, sodat hulle oor hulle heers; en U het hulle baie kere verlos volgens u barmhartighede; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar sodra dit goed gaan, begin u volk weer sondig. U het toegelaat dat hulle vyande hulle weer oorwin. Elke keer as u volk hulp vra, het U maar weer gehoor uit die hemel. U het hulle keer op keer vrygemaak omdat U so baie vir hulle omgee. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar sodra hulle rus gehad het, het hulle weer kwaad gedoen voor u aangesig, en U het hulle oorgelewer in die hand van hul vyande, dat die oor hulle sou heers; as hulle U dan weer aanroep, het U uit die hemel gehoor en hulle na u barmhartigheid baiekeer gered. |
| Afrikaans 1983 | Maar toe hulle rus kry, het hulle weer teen U oortree, en U het hulle in die mag van hulle vyande gelos dat dié oor hulle kon heers. Hulle het weer na U om hulp geroep, en U het uit die hemel hulle gebed verhoor en in u barmhartigheid het U hulle gered, keer op keer. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar net toe daar vir hulle rus gekom het, het hulle weer gedoen wat sleg is in u oë. U het hulle in die hand van hulle vyande gelaat, en dié het oor hulle geheers. Hulle het weer na U om hulp geroep, U self het uit die hemel gehoor en hulle in u groot ontferming vele kere uitgered. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar toe hulle al hulle vyande oorwin het, het hulle weer verkeerde dinge gedoen. U het hulle vyande laat wen teen hulle, en die vyande het oor hulle regeer. Hulle het weer na U geroep en gevra dat U hulle moet help. U was in die hemel en U het geluister, U het hulle gered, want U is goed vir mense wat swaarkry. U het dit baie maal gedoen. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar die oomblik toe dit goed gaan, het hulle weer presies dieselfde goed aangevang. Daarom het U weer hulle vyande toegelaat om oor hulle te regeer. Tog, toe hulle terugkom en om verskoning vra, het U keer op keer uit die hemel weer tot hulle redding gekom. Dit het U gedoen omdat U vir hulle lief is. |