Nehemiah 9:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom het U hulle oorgegee in die hand van hulle vyande wat hulle kwaad gemaak het; en volgens u veelvuldige ontferminge het U hulle verlossers gegee wat hulle uit die hand van hulle vyande gered het.
Afrikaans (NLV) 2011 Daarom het U hulle oorgegee aan hulle vyande wat die lewe vir hulle moeilik gemaak het. Toe dit met hulle swaar gaan, het hulle by U om hulp geroep. U het hulle gehoor uit die hemel. In u groot goedheid het U mense gestuur om hulle te verlos uit die mag van hulle vyande.
Afrikaans 1933/1953 Daarom het U hulle oorgegee in die hand van hulle teëstanders, dat die hulle in benoudheid sou bring. Maar wanneer hulle in die tyd van hulle benoudheid U aangeroep het, het U uit die hemel gehoor en na u grote barmhartigheid aan hulle verlossers gegee, dat die hulle uit die hand van hul teëstanders kon verlos.
Afrikaans 1983 Toe het U hulle oorgegee in die mag van hulle teëstanders, dat dié hulle verdruk. Toe dit sleg met hulle gaan, het hulle na U geroep om hulp, en U het uit die hemel hulle gebed verhoor. In u groot barmhartigheid het U aan hulle redders gegee, en dié het hulle gered uit die mag van hulle teëstanders.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) U het hulle oorgegee in die hand van hulle teenstanders, en dié het hulle in die noute gebring. In hulle tyd van nood het hulle na U om hulp geroep, U self het uit die hemel gehoor. In u groot ontferming het U aan hulle verlossers gegee, en dié het hulle verlos uit die hand van hulle teenstanders.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “U het hulle vyande laat wen teen hulle, die vyande het hulle laat swaarkry. En toe hulle swaarkry, het hulle na U geroep en gevra dat U hulle moet help. U was in die hemel en U het geluister. U is altyd goed vir mense wat swaarkry. Daarom het U mense gestuur wat hulle gered het van hulle vyande.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daarom het U hulle aan hulle vyande oorgelewer, wat hulle baie swaar laat lewe het. Toe dit gebeur, het hulle vinnig na U toe gehardloop en hulp gevra en U het hulle gebede verhoor, U wat in die hemel bly. Omdat U so baie vir hulle omgee, het U vir hulle leiers gestuur om hulle te help teen hulle vyande.