Nehemiah 9:26 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar hulle was ongehoorsaam en het teen U in opstand gekom en u wet agter hulle rug gewerp, en u profete gedood wat teen hulle getuig het om hulle na U te bekeer, en hulle het groot ergernisse bewerk. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Ten spyte hiervan was hulle ongehoorsaam en opstandig teen U. Hulle het u wet verwerp. U profete het hulle probeer oortuig om na U toe terug te keer. Maar hulle het hulle doodgemaak en godslasterlike dinge gedoen. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar hulle het wederstrewig en opstandig geword teen U en u wet agter hulle rug gewerp; en u profete wat hulle gewaarsku het, om hulle na U terug te bring, het hulle gedood en groot, afskuwelike dinge gedoen. |
| Afrikaans 1983 | Maar hulle het opstandig geword en teen U in verset gekom, hulle het u wet verwerp en u profete doodgemaak wat hulle gewaarsku het om na U terug te kom. Hulle het skandelike dinge gedoen. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Maar hulle was opstandig, het teen U in opstand gekom. Hulle het die rug op u wet gedraai. U profete, wat hulle tereggewys het om hulle na U terug te bring, het hulle vermoor. Hulle het hulle skuldig gemaak aan ernstige godslastering. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Maar hulle was hardkoppig, hulle was opstandig teen U. Hulle wou nie doen wat U wil hê nie. U profete het hulle gewaarsku en het gesê hulle moet terugkom na U toe, maar hulle het die profete doodgemaak. Hulle het vir U beledig. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar die Israeliete was ongehoorsaam en opstandig teen U. Hulle het hulle nie aan u opdragte gesteur nie. Hulle het u boodskappers doodgemaak omdat hulle u volk gewaarsku het om U opreg te dien. Hulle het skandelike dinge aangevang. |