Nehemiah 9:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle het sterk stede en 'n vet land ingeneem en huise vol van alle goed in besit geneem, putte wat gegrawe is, wingerde en olyfbome en vrugtebome in menigte; en hulle het geëet en versadig geword en vet geword en hulle verlustig in u groot goedheid.
Afrikaans (NLV) 2011 Ons voorouers het versterkte stede ingeneem en vrugbare grond ingepalm. Hulle het ook huise vol kosbaarhede oorgeneem. Die putte was klaar gegrawe, die wingerde, olyfbome en vrugteboorde was volop. Hulle het geëet, en vet geword, en die voorspoed geniet wat U gegee het.
Afrikaans 1933/1953 En hulle het versterkte stede en 'n vet land ingeneem, en huise in besit geneem vol allerhande goeie dinge, uitgekapte putte, wingerde en olyfbome en vrugtebome in menigte, en hulle het geëet en versadig en vet geword en weelderig gelewe deur u grote goedheid.
Afrikaans 1983 U volk het vestingstede beset en vrugbare grond. Hulle het beslag gelê op huise vol kosbare goed, putte wat klaar gegrawe was, wingerde en olyfboorde, vrugtebome in oorvloed. Hulle het geëet, meer as genoeg, vet geword, en hulle verlustig in u groot goedheid.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle het versterkte stede en vrugbare grond verower. Hulle het huise, vol van alles wat goed is, in besit geneem, ook uitgekapte opgaarputte, wingerde, olyfboorde en talryke vrugtebome. Hulle het geëet, versadig en vet geword; hulle kon hulle verlustig in u groot goedheid.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het die stede oorwin wat sterk mure gehad het en hulle het die vrugbare grond vir hulle gevat. Hulle het huise gevat wat vol kosbare goed was, ook watergate wat die mense in die rots gekap het, wingerde, olyfbome en baie vrugtebome. Hulle kon eet totdat hulle genoeg gehad het, hulle het vet geword. Hulle het die goeie dinge geniet wat U gegee het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle het die stede wat deur dik mure omring is, ingeneem en die vrugbare grond vir hulle gevat. Hulle het huise vol van die mooiste goed vir hulleself gevat. Die putte was klaar gegrawe; daar was volop wingerde, olyfboorde en vrugtebome. Die Israeliete het meer as genoeg kos gehad om te eet; hulle was later spekvet. U het hulle oorlaai met u goedheid.