Nehemiah 9:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die kinders het toe ingegaan en die land in besit geneem, en jy het die inwoners van die land, die Kanaäniete, voor hulle onderwerp en hulle in hulle hand gegee, saam met hulle konings en die mense van die land, sodat hulle met hulle kon doen soos hulle sou.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het die land ingegaan en dit in besit geneem. U het die mense van die land aan hulle onderwerp. Selfs die konings en die Kanaäniete wat in die land gebly het, was magteloos! U volk kon met hulle doen net wat hulle wou.
Afrikaans 1933/1953 En die kinders het ingegaan en die land in besit geneem, en U het die inwoners van die land, die Kanaäniete, voor hulle onderwerp en die in hulle hand gegee, hulle konings sowel as die volke van die land, om met hulle te handel soos hulle dit goedvind.
Afrikaans 1983 Hulle kinders het gekom en die land in besit geneem. U het die inwoners van die land, die Kanaäniete, voor u volk laat buig en hulle oorgegee in die mag van u volk. U volk kon doen wat hulle wou met die konings en die volke in die land.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die kinders het die land binnegegaan, dit in besit geneem. U het die inwoners van die land, die Kanaäniete, voor hulle die knie laat buig. U het hulle in hulle hand gegee, sowel hulle konings as die volke van die land, om met hulle te doen net wat hulle wou.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) en die kinders hét die land kom vat. U het die mense van die land, die Kanaäniete, laat buig voor u volk. U volk het die Kanaäniete en hulle konings oorwin, hulle het gedoen wat hulle wil met die mense van die land.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle kinders het die land ingeneem. U het die inwoners van die land, die Kanaäniete, die knie laat buig voor hulle. U het hulle mag gegee oor die konings en die volk van die land sodat hulle met hulle kon doen net wat hulle wou.