Nehemiah 9:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Verder het U aan hulle koninkryke en nasies gegee en hulle in hoeke verdeel, sodat hulle die land Sihon en die land van die koning van Hesbon en die land van Og, die koning van Basan, in besit geneem het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “U het ons voorouers gehelp om koninkryke en nasies te oorwin. U het groot dele land aan hulle toegewys. Hulle het die grondgebied van koning Sihon van Hesbon en koning Og van Basan oorgeneem. |
| Afrikaans 1933/1953 | En U het aan hulle koninkryke en volke gegee en die volgens bepaalde grense verdeel; en hulle het die land van Sihon, ja, die land van die koning van Hesbon, en die land van Og, die koning van Basan, in besit geneem. |
| Afrikaans 1983 | U het koninkryke, volke, aan hulle gegee, gebiede aan hulle toegewys: hulle het die land van Sihon in besit geneem, die land van die koning van Gesbon, en die land van koning Og van Basan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ U het koninkryke en volke aan hulle oorgelewer, die grondgebied stuk vir stuk onder hulle verdeel. Hulle het die land van Sihon in besit geneem, ook die land van die koning van Gesbon en die land van Og, koning van Basan. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | U het vir hulle lande en volke gegee. Hulle kon alles vir hulle vat, die land Gesbon van koning Sihon, en die land Basan van koning Og. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | U het hulle gehelp om magtige ryke en nasies te oorwin wat aan hulle eie gebied gegrens het. Hulle het ook koning Gesbon se land, Sihon, en koning Og se land, Basan, oorgeneem. |