Nehemiah 9:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ja, veertig jaar het U hulle in die woestyn onderhou, sodat hulle niks ontbreek het nie; hulle klere het nie oud geword nie, en hulle voete het nie geswel nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | U het hulle vir 40 jaar in die woestyn onderhou. In dié tyd het hulle niks kortgekom nie. Hulle klere het nie verweer nie, hulle voete nie geswel nie! |
| Afrikaans 1933/1953 | En veertig jaar lank het U hulle onderhou in die woestyn; hulle het nie gebrek gehad nie; hulle klere het nie verslyt en hulle voete nie geswel nie. |
| Afrikaans 1983 | Veertig jaar lank het U vir hulle gesorg, hulle het niks kortgekom in die woestyn nie. Hulle klere het nie verslyt nie, hulle voete het nie geswel nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Veertig jaar lank het U hulle onderhou in die woestyn; hulle het geen gebrek gely nie; hulle klere het nie verslyt nie, en hulle voete het nie geswel nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | U het 40 jaar lank vir hulle gesorg in die woestyn, hulle het genoeg gehad van alles. Hulle klere het nie stukkend geword nie en hulle voete het nie geswel nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Veertig jaar lank het U hulle in die woestyn opgepas. Hulle het nooit iets nodig gehad nie. Hulle klere het nie oud geword nie, hulle voete het nie eens opgeswel van die baie loop nie. |