Nehemiah 9:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | U het ook u goeie gees gegee om hulle te onderrig, en U het u manna nie van hulle mond teruggehou nie en hulle water gegee vir hulle dors. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | U het u goeie Gees gegee om hulle te leer. U het ook nie opgehou om vir hulle brood uit die hemel te gee en water om hulle dors te les nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En u goeie Gees het U gegee om hulle te onderrig, en u manna het U nie van hulle mond teruggehou nie en aan hulle water gegee vir hulle dors. |
| Afrikaans 1983 | U het u goeie Gees gegee om hulle te onderrig, U het u manna nie van hulle teruggehou nie, U het vir hulle water gegee vir hulle dors. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | U goeie Gees het U gegee om aan hulle insig te gee; u manna het U nie van hulle monde weerhou nie; en water het U vir hulle gegee om hulle dors te les. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | U het u goeie Gees vir hulle gegee om vir hulle te leer, U het aangehou om vir hulle manna te gee om te eet, en water om te drink. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | In u oorvloedige goedheid het U u goeie Gees gestuur om hulle te leer wat U van hulle verwag; U het nie die manna van hulle teruggehou nie, en as hulle dors was, het U vir hulle water gegee. |