Nehemiah 9:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die nageslag van Israel het hulle afgesonder van al die vreemdelinge en opgestaan en hulle sondes en die ongeregtighede van hulle vaders bely. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die mense van Israelitiese afkoms het toe alle bande met vreemdelinge verbreek. Hulle het daar gestaan en hulle sondes en ook die skuld van hulle voorouers bely. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die afstammelinge van Israel het hulle afgesonder van al die uitlanders, en hulle het gaan staan en belydenis gedoen van hulle sondes en die ongeregtighede van hulle vaders. |
| Afrikaans 1983 | Die nakomelinge van Israel het hulleself afgeskei van alle nie-Israeliete en toe hulle plekke ingeneem en belydenis gedoen van hulle sonde en van die oortredings van hulle voorvaders. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die nageslag van Israel het hulle afgesonder van al die uitlanders. Hulle het gestaan en belydenis gedoen van hulle sondes en die sondeskuld van hulle voorouers. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Israeliete het apart gegaan, weg van almal wat nie Israeliete was nie. Die Israeliete het voor die Here gaan staan en hulle het bely dat hulle sonde gedoen het en dat hulle voorvaders verkeerd gedoen het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Israeliete wat alle bande met vreemdelinge verbreek het, het opgestaan en belydenis gedoen van hulle sonde. Hulle het ook om vergifnis gevra vir die oortredings van hulle voorouers. |