Nehemiah 9:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Tog het U hulle deur u veelvuldige barmhartighede in die woestyn nie verlaat nie; die wolkkolom het bedags nie van hulle gewyk om hulle op die pad te lei nie; ook nie die vuurkolom in die nag om vir hulle lig te wys en die weg waarlangs hulle moet gaan nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar in u groot liefde het U hulle nie in die woestyn aan hulle lot oorgelaat nie. In die dag het die wolkkolom steeds vir hulle die koers aangedui. In die nag het die vuurkolom steeds hulle pad verlig. |
| Afrikaans 1933/1953 | het U in u grote barmhartigheid hulle tog nie verlaat in die woestyn nie; die wolkkolom het nie bedags van hulle gewyk om hulle op die pad te lei nie, en die vuurkolom ook nie snags om vir hulle die pad te verlig waar hulle langs moes trek nie. |
| Afrikaans 1983 | het U in u groot barmhartigheid hulle nie in die woestyn gelos nie. Die wolkkolom het bedags nie van hulle af weggedraai nie maar hulle op die pad bly lei; die vuurkolom was snags daar om vir hulle lig te maak op die pad waar hulle langs moes trek. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | het U, in u groot ontferming, hulle nie in die woestyn agtergelaat nie. Die wolkkolom, om hulle op die pad te lei, het bedags nie van hulle gewyk nie, en die vuurkolom, om vir hulle die pad te verlig waarop hulle moes gaan, ook nie snags nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | U was goed vir hulle toe hulle swaargekry het, U het hulle nie gelos in die woestyn nie. Die wolk het daar gebly om hulle in die dag te lei op die pad, en die vuur het in die nag lig gemaak op die pad waar hulle moes gaan. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | het U in u oorvloedige liefde hulle nie in die woestyn aan hulle eie lot oorgelaat nie. Die wolkkolom was steeds in die dag daar om vir hulle die pad te wys en die vuurkolom om in die nag vir hulle lig te gee. |