Nehemiah 9:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het geweier om te gehoorsaam, en het nie gedink aan u wonders wat U onder hulle gedoen het nie; maar U het hulle nekke verhard en in hulle opstand 'n owerste aangestel om na hulle slawerny terug te keer; maar U is 'n vergewensgesinde God, genadig en barmhartig, lankmoedig en groot goedertierenheid, en U het hulle nie verlaat nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “Hulle was ongehoorsaam en het vergeet van al die wonders wat U vir hulle gedoen het. Hulle was hardkoppig. Hulle het ’n leier aangestel om hulle terug te vat na hulle slawerny in Egipte. Maar U is ’n God wat vergewe, genadig en vol deernis. U word nie vinnig kwaad nie, U is liefdevol en getrou. U het hulle nie in die steek gelaat nie,
Afrikaans 1933/1953 ja, hulle het geweier om te luister en nie gedink aan u wonders wat U by hulle gedoen het nie; maar hulle het hul nek verhard en in hul wederstrewigheid 'n hoof aangestel om terug te gaan na hulle slawerny. Maar U is 'n God van vergewing, genadig en barmhartig, lankmoedig en groot van goedertierenheid, en U het hulle nie verlaat nie.
Afrikaans 1983 Hulle het geweier om te luister, hulle het nie die wonderdade onthou wat U vir hulle gedoen het nie. Hulle koppe was hard, hulle het in verset gekom en wou in hulle koppigheid terug na hulle slawerny. Maar U is 'n God wat vergewe, genadig, barmhartig, lankmoedig, vol liefde. U het hulle nie verlaat nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle het geweier om te luister; hulle het nie u wonderdade onthou wat U aan hulle gedoen het nie. Hulle het hulle nekke styf gemaak en was vasbeslote om terug te keer na hulle slawerny in Egipte. Maar U is 'n God wat vergewe, U is genadig en barmhartig, geduldig, vol troue liefde; U het hulle nie verlaat nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle was ongehoorsaam, hulle het nie die wonderwerke onthou wat U gedoen het nie. Hulle was hardkoppig, hulle was opstandig, hulle wou teruggaan om weer slawe te wees. “Maar U is God, U vergewe mense se sondes, U is genadig, U is goed vir mense wat swaarkry, U is geduldig, U doen altyd wat U belowe het. U het hulle nie gelos nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle wou nie luister nie. Hulle het vergeet van al die wonderwerke wat U langs die pad gedoen het. Hulle was vasbeslote om terug te gaan Egipte toe om weer slawe te wees. Maar, God, U is bereid om te vergewe. U is vol goedheid en ontferming, U tree met deernis en liefde op. Daarom het U hulle nie aan hulle eie lot oorgelaat nie.