Nehemiah 9:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En u heilige sabbat aan hulle bekend gemaak en voorskrifte, insettinge en wette aan hulle beveel deur die hand van u kneg Moses.
Afrikaans (NLV) 2011 U het hulle geleer van u heilige Sabbatdag, hulle beveel om die opdragte, voorskrifte en gebooie wat U gegee het deur u dienskneg Moses te gehoorsaam.
Afrikaans 1933/1953 En u heilige sabbat het U aan hulle bekend gemaak, en gebooie en insettinge en 'n wet deur die diens van u kneg Moses hulle beveel.
Afrikaans 1983 U het hulle geleer van u gewyde sabbat en aan hulle gebooie, voorskrifte en 'n wet gegee deur Moses, u dienaar.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) U heilige Sabbat het U aan hulle bekend gestel; gebooie, vaste voorskrifte en 'n wet het U hulle opgelê by monde van Moses, u dienskneg.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) U het vir hulle geleer van u gewyde Sabbatdag en U het vir Moses gestuur om wette vir hulle te gee.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) U het hulle geleer wat U van hulle verwag op die sabbat. U het u wil baie duidelik in die gebooie en in al u ander wette bekendgemaak deur u dienaar Moses.