Nehemiah 9:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | U het ook op die berg Sinai neergedaal en uit die hemel met hulle gespreek en aan hulle regte verordeninge en ware wette, goeie insettinge en gebooie gegee. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “U het uit die hemel na Sinaiberg toe afgekom en met hulle gepraat. U het vir hulle gegee: voorskrifte wat regverdig is en gebooie wat seker is, voorskrifte en bevele wat goed is. |
| Afrikaans 1933/1953 | En op die berg Sinai het U neergedaal en met hulle gespreek uit die hemel, en U het aan hulle regte verordeninge en betroubare wette, goeie insettinge en gebooie gegee. |
| Afrikaans 1983 | U het op Sinaiberg afgekom, met hulle uit die hemel gepraat en vir hulle bepalings vasgestel wat billik is, wette wat vas staan, voorskrifte en gebooie wat goed is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Op die berg Sinai het U neergedaal, met hulle uit die hemel gepraat. U het vir hulle gepaste beslissings gegee – betroubare wette, goeie voorskrifte en gebooie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | U het afgekom na Sinai-berg, U het uit die hemel met hulle gepraat en vir hulle wette gegee wat reg en goed was. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | U het afgekom uit die hemel na die berg Sinai toe en uit u woonplek met hulle gepraat. Die opdragte wat U vir hulle gegee het, was nie moeilik om te gehoorsaam nie. U wette is vir altyd waar en geldig. Dit wat U voorskryf, is goed en reg. |