Nehemiah 9:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Verder het U hulle bedags gelei deur 'n wolkkolom; en in die nag by 'n vuurkolom, om vir hulle lig te gee op die weg waarheen hulle moet gaan.
Afrikaans (NLV) 2011 Bedags het U ons voorouers deur ’n wolkkolom gelei en snags deur ’n vuurkolom. So kon hulle weet watter rigting om te gaan.
Afrikaans 1933/1953 En U het hulle gelei met 'n wolkkolom bedags en met 'n vuurkolom snags om die pad vir hulle te verlig waar hulle langs moes trek.
Afrikaans 1983 Met 'n wolkkolom het U hulle bedags gelei, met 'n vuurkolom snags om vir hulle lig te maak op die pad waar hulle langs moes trek.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Met 'n wolkkolom het U hulle bedags gelei, met 'n vuurkolom snags, om vir hulle die pad te verlig waarop hulle moes gaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “U het hulle in die dag gelei met 'n wolk, en in die nag het vuur vir hulle lig gemaak op die pad waar hulle moes gaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Bedags het U met ’n wolkkolom voor hulle uitgetrek om vir hulle die pad te wys en snags met ’n kolom van vuur, sodat hulle nie verdwaal het nie.