Nehemiah 9:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En jy het die see voor hulle uitgesplit, sodat hulle op droë grond deur die see getrek het; en U het hulle vervolgers in die dieptes gegooi, soos 'n klip in die magtige waters.
Afrikaans (NLV) 2011 U het die see voor hulle oopgekloof sodat u volk op droë grond kon deurtrek! Maar U het hulle agtervolgers in die diep waters gegooi, soos ’n klip in magtige waters.
Afrikaans 1933/1953 En die see het U voor hulle geklowe, sodat hulle op droë grond dwarsdeur die see getrek het; maar hulle vervolgers het U in die kolke gewerp soos 'n klip in sterk waters.
Afrikaans 1983 U het die see gekloof voor hulle, hulle kon op droë grond daardeur trek; maar U het hulle agtervolgers in die vloedwaters gegooi soos 'n klip in magtige waters.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Die see het U voor hulle oopgekloof, hulle het dwarsdeur die see getrek op droë grond. Hulle agtervolgers het U in die dieptes gewerp, soos 'n klip in die magtige waters.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) U het 'n pad gemaak deur die see sodat ons voorvaders op droë grond daar kon deurloop, maar U het die mense wat vir hulle gevolg en gejaag het, in die water gegooi. Hulle het soos 'n klip in diep water gesink.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) U het vir hulle ’n pad deur die see gemaak sodat hulle droogvoets daardeur kon loop. Maar hulle vyande wat hulle agtervolg het, het U in dieselfde see laat verdrink. U het hulle soos ’n klip na die bodem toe laat sink.