Nehemiah 9:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het tekens en wonders gedoen aan Farao en aan al sy dienaars en aan die hele volk van sy land, want jy het geweet dat hulle trots teen hulle gehandel het. So het jy vir jou 'n naam gekry, soos dit vandag is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | U het wonders en tekens teen die farao gedoen, teen sy diensknegte en al die mense van sy land. U het geweet dat hulle u volk sonder respek behandel. U dwing tot vandag toe nog net soveel respek af. |
| Afrikaans 1933/1953 | en U het tekens en wonders gedoen aan Farao en aan al sy dienaars en aan die hele volk van sy land; want U het geweet dat hulle vermetel teen hulle gehandel het, en U het vir U 'n Naam gemaak soos dit vandag is. |
| Afrikaans 1983 | en groot, magtige dade gedoen, teen die farao, teen sy amptenare en teen die mense in sy land, want U het geweet dat hulle u volk met minagting behandel het. U het die roem van u Naam groot gemaak, so soos dit vandag nog is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | U het tekens en wonders gedoen by die farao, by al sy dienaars en die hele volk van sy land, want U het geweet dat hulle vermetel optree teen u volk; U het vir U 'n naam gemaak, soos dit vandag nog is. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | U het geweet dat die farao en al sy amptenare en al die mense in sy land slegte dinge gedoen het aan ons voorvaders, en U het tekens en wonderwerke gedoen by hulle. Almal moes weet wie U is en almal moet nóú weet wie U is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | U het asemrowende wonders gedoen wat die farao, sy werkers en sy volk stomgeslaan het, want U het geweet dat hulle u volk sonder enige respek behandel. Daardeur het U vir U ’n groot en roemryke reputasie opgebou wat tot vandag toe onthou word. |