Nehemiah 9:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En op die vier en twintigste dag van hierdie maand het die kinders van Israel vergader met vas en met rouklere en grond daarop.
Afrikaans (NLV) 2011 Op 31 Oktober het die Israeliete vir ’n vasdag bymekaargekom. Hulle het klere van sakmateriaal aangetrek en stof op hulle koppe gegooi.
Afrikaans 1933/1953 En op die vier en twintigste dag van hierdie maand het die kinders van Israel vergader en gevas in rouklere en met grond op hulle hoof.
Afrikaans 1983 Op die vier en twintigste dag van dié maand het die Israeliete vir 'n vasdag bymekaargekom. Hulle het rouklere aangehad en daar was grond op hulle koppe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Op die vier-en-twintigste dag van hierdie maand het die Israeliete byeengekom, terwyl hulle vas in rouklere, en met grond op hulle koppe.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Israeliete het op die 24ste dag van die sewende maand bymekaargekom. Hulle het gevas en rouklere aangetrek en grond op hulle koppe gegooi.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Op die 24ste dag van dieselfde maand het die Israeliete vir ’n vasdag bymekaargekom. Om hulle hartseer oor hulle sonde te wys het hulle sakke in plaas van klere aangetrek en stof op hulle koppe gegooi om te wys dat hulle sondaars is.