Nehemiah 8:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ook Jesua en Bani en Serebja, Jamin, Akkub, Sabbetai, Hodija, Maäseja, Kelita, Asarja, Josabad, Hanan, Pelaja en die Leviete het die volk die wet laat verstaan, en die volk het op hulle plek gaan staan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Leviete Jesua, Bani, Serebja, Jamin, Akkub, Sabbetai, Hodija, Maäseja, Kelita, Asarja, Josabad, Ganan en Pelaja het die gebooie uitgelê aan die mense wat daar gestaan het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Esra het die HERE, die grote God, geloof, en die hele volk het geantwoord: Amen, amen! met opheffing van hulle hande; en hulle het hul gebuig en die HERE aanbid met die aangesig na die aarde toe. |
| Afrikaans 1983 | Esra het die Here, die grote God, geprys en die hele gemeente het met die hande omhoog geantwoord: “Amen, amen.” Toe kniel hulle en buig diep voor die Here. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Esra het die Here, die grote God, geprys en die hele volk het, met hulle hande opgehef, geantwoord: “Amen, amen!” Toe het hulle gekniel en met hulle gesigte na die grond in aanbidding gebuig voor die Here. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Esra het die Here, die Groot God, geprys. Al die mense het gesê: “Amen” en hulle het hulle hande opgetel. Toe het hulle gebuig en met hulle gesigte teen die grond gaan lê om die Here te aanbid. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Esra het die Here, die groot God, geprys. Al die mense het hulle hande omhoog gehou en geantwoord met: “Amen, amen.” Daarna het hulle in aanbidding laag op die grond voor die Here gekniel. |