Nehemiah 8:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Esra het die HERE, die grote God, geseën. En die hele volk het geantwoord: Amen, amen, met die opheffing van hul hande; en hulle het hul hoofde gebuig en die HERE met hul aangesig na die aarde aanbid.
Afrikaans (NLV) 2011 Esra het die Here, die groot God geprys. Die mense het hierop “Amen! Amen!” gesê terwyl hulle hulle hande na die hemel toe uitstrek. Almal het voor die Here gekniel en met hulle gesigte laag teen die grond neergebuig.
Afrikaans 1933/1953 En Esra het die boek oopgemaak voor die oë van die hele volk, want hy het bokant die hele volk gestaan; en toe hy dit oopmaak, het die hele volk opgestaan.
Afrikaans 1983 Esra het hoër gestaan as die hele gemeente en het die boek voor almal se oë oopgemaak. Toe hy dit oopmaak, het die hele gemeente opgestaan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Esra het die boekrol voor die oë van die hele volk oopgemaak, want hy het hoër as die hele volk gestaan. Toe hy dit oopmaak, het die hele volk opgestaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Al die mense het gesien toe Esra die boek oopmaak. Hy het hoog bo hulle gestaan, en toe hy die boek oopmaak, het almal opgestaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Almal kon Esra mooi sien waar hy op die verhoog voor hulle gestaan het. Toe hy die wetboek oopmaak om te begin lees, het almal uit respek vir die Here opgestaan.