Nehemiah 8:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Esra, die skrifgeleerde, het op 'n houtpreekstoel gestaan wat hulle daarvoor gemaak het; en by hom het Mattítja en Sema en Anája en Uría en Hilkía en Maäséja aan sy regterhand gestaan; en aan sy linkerhand Pedaja en Misael en Malkía en Hasum en Hasbadana, Sagaria en Mesullam. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Esra het op ’n houtverhoog wat vir die geleentheid gemaak is, gestaan. Regs langs hom het Mattitja, Sema, Anaja, Urija, Gilkija en Maäseja gestaan. Links van hom was Pedaja, Misael, Malija, Gasum, Gasbaddana, Sagaria en Mesullam. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy het daaruit voorgelees voor die plein wat voor die Waterpoort was, vandat dit lig geword het tot die middag, in teenwoordigheid van die manne en die vroue en die wat kon verstaan; en die ore van die hele volk was op die wetboek gerig. |
| Afrikaans 1983 | Hy het daaruit voorgelees op die plein voor die Waterpoort van ligdag af tot die middel van die dag ten aanhore van mans, vrouens en elkeen wat kon verstaan. Die aandag van die hele gemeente was by die wetboek. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het, vandat dit lig geword het tot die middel van die dag toe, daar voor die plein by die Waterpoort daaruit voorgelees vir die mans en vroue en dié wat kon verstaan. Die hele volk het met gespitste ore geluister na die boekrol met die Wet. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Esra het van vroeg die oggend tot die middag daar op die oop stuk grond voor die Water-poort uit die boek gelees vir die mans en vroue, vir almal wat kon verstaan. Al die mense het goed geluister na dit wat in die boek geskryf is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy het op die plein voor die Waterhek gestaan en van dagbreek tot vroeg die middag vir hulle gelees. Die mense het aandagtig geluister na wat hy vir hulle gelees het. |